Toelatingsvereistes
Toelating tot die honneurskursus moet goedgekeur word deur die departementshoof.
Die honneurseksamen bestaan uit vyf modules.
Module 1
Navorsingsopstel (‘n Navorsingstema uit enige van die onderstaande taal- of letterkundetemas, gekies in oorleg met die departementshoof.)
Modules 2-5
Studie-onderwerpe moet uit sowel die Taalkunde- as die Letterkunde-afdelings gekies word, minstens een uit elke afdeling.
Taalkunde
Letterkunde
Fonologie
Goties
Leksikografie
Middelnederlands
Morfologie
Oudnoors
Semantiek
Sintaksis
Taalgeskiedenis
Taalvariasie
Taalversorging
Drama
Poësie
Romankuns
Prosa-subgenres (Essay, Kortverhaal, Biografie)
Kinder- en jeugliteratuur
Literêre teorie en kritiek
Nederlandse literatuur
Let wel: Al die modules word nie noodwendig elke jaar aangebied nie.
Een van die vyf modules mag uit ‘n ander departement geneem word (nie module 1 nie). Die module moet nou aansluit by die res van die kursus en moet gekies word in oorleg met die departementele voorsitter.